Amanda van Belgiё

Die dag het begin soos elke ander oggend, ‘n nuwe skildery.
In plaas daarvan om uit te vlieg om familie en vriende te ontmoet, het ‘n mikroskopiese virus vanaf Iewers-planeet geland. Op Vrydag 13 Maart het die bevel gekom; “Blijf in uw kot” (bly in jou kamer/huis). Almal het in hul huise gevlieg. En ons het tuis gebly. Inperking het gebeur.

Strate was gepak met motors- geparkeer.


Die hoofweg was verlate.

Geen bouers op perseel.

Parke was gesluit.

Instruksies was duidelik.

Bly beweeg!

Draf is toegelaat.

Stap is toegelaat- selfs in die middel van die pad.

Lang toue vir inkopies.

Die rakke was leeg….
“Hamstering” is die nuwe woord – veral toiletpapier, pasta en …

…water!
Dinge het verander.
Amper alles is gelos. Dit het gelyk of tyd vertraag is.
Vrees en onsekerheid heers.

Die binnekant het mooi geword!

Lees is in.

Tuinmaak is in.

Wandel in die woud is in.
Ons het kreatief geraak. Nuwe woordeskat ontwikkel.
Nuwe maniere. Nuwe roetines.

Om 20:00 lui die kerkklok en ons juig al die mense wat in die gesondheidsektor werk, toe.


Geen vliegtuiggeraas, geen verkeersgeraas.
Ons het stil geword.
Voёls sing en die bome klap hulle hande.
Die natuur haal weer asem.
Oorspronklik in Ek en my Kind, Lente 2020 gepubliseer.