Masker Virus

Masker-virus

Ilze Croucamp

Op 15 Maart 2020 kondig ons president aan dat ons land in Lockdown gaan. Vir so ‘n bietjie meer as ‘n maand vooraf, raak ons deur sosiale media al hoe meer bewus van hierdie Corona Virus en later algemeen bekend as Covid-19. Die masker-virus. In ons huis verwys ek na maskers as ons versmoor-masjientjies. Nie die gemaklikste om te dra nie, maar belangrik vir die beskerming van mense om jou.

Ons het voor Lockdown kosvoorraad aangekoop. Ek moet bieg dat ek ‘n groot vrees gehad het dat produkte soos brood en melk dalk nie beskikbaar gaan wees nie, maar soos die tyd aangegaan het, het die vrese bedaar. Ons het nog elke dag kos gehad waarvoor ons baie dankbaar is. 

Agv my eie gesondheidsprobleme, neem my lewe maar eintlik die vorm van hibernering in. Ek vermy winkels en onnodige rondry. Zoom-byeenkomste en video-oproepe raak die nuwe norm van kommunikasie. Selfs vir my man wat van die huis af werk. My dogter wat studeer ook en my jongste kan darem elke Sondag met haar kerk se jeug gesels. 

Soms is ek emosioneel en mis die geselsies met die personeel van my skool asook die elke dag se kinderlaggies en kinderdrukkies. En ek weet nie wanneer ons dit weer vry gaan kan ervaar nie. 

Ek mis my vriende en my kerk. 

Vir nou stap ek die onbekende pad met my hand in die Bekende se hand. 

Oorspronklik in Ek en my Kind, Lente 2020 gepubliseer

Contact

SAVF FAMNET,
41 Hospital Street, Arcadia, 0083
PO BOX 40526, Arcadia, 0007
012 325 3920
erheeder@savf.co.za
084 383 9417

Join us here

Upcoming events

No upcoming events.

Stay up to date

Enter your email address to receive notification of news and relevant updates.