Was jou hande skoon

Was jou hande skoon,

Sodat die Corona virus nie op jou kom woon!

Lomé Louw

Illustrasie: Helena van der Nest

Lielie en haar familie is baie gehoorsaam.  Hulle het na President Cyril Ramaphosa geluister en tydens die grendeltyd nêrens heen gegaan nie.  Vandag moet sy saam met Mamma winkel toe gaan om skoene te koop, want haar skoene druk haar groottone.

By die winkel verkyk sy haar aan al die mense met maskers en sy verbeel haar sy is deel van ‘n “superhero” fliek.  In haar verbeelfliek groet die “superheroes” mekaar op ‘n spesiale manier, deur hulle elmboë teen mekaar te druk.  In haar verbeelfliek kan jy die Corona virus wegskiet met jou vingers as jy vir 20 tellings jou hande gewas het.  Jy kan ook vir die virus tong uitsteek agter jou masker en dit dan wegblaas sodat dit nie op jou kom woon nie!  

In haar verbeelfliek kan jy jou hande wyd uitsprei en vinnig in die rondte draai sonder om jou maatjie om te stamp, want almal staan amper twee meter van mekaar af weg.  In haar fliek gebruik almal handsaniteerders en dit verander jou hande in ‘n skild wat jou spesiale wapen is om jou teen die virus te beskerm.  In Lielie se verbeelfliek werk al die mense in die wêreld saam teen die virus en gee vir nou nie vir mekaar drukkies  nie.

Lielie draai vinnig in die rondte terwyl sy haar vuis in die lug hou net soos regte “superheroes’ maak.  “Lielie, wat op aarde maak jy?” vra Mamma.  Lielie lag en vertel vir Mamma van haar verbeelfliek.  “Ek wens al die mense in die wêreld kan in jou fliek wees, Lielie, dan sal ons verseker die virus kan wen.”

Oorspronklik in Ek en my Kind, Lente 2020 gepubliseer

Contact

SAVF FAMNET,
41 Hospital Street, Arcadia, 0083
PO BOX 40526, Arcadia, 0007
012 325 3920
erheeder@savf.co.za
084 383 9417

Join us here

Upcoming events

No upcoming events.

Stay up to date

Enter your email address to receive notification of news and relevant updates.