Wat om van middeloorontsteking te weet.

Rozelle Roets

Middeloorontsteking kom algemeen voor en kan slegte gevolge hê as dit nie behandel word nie.

Hoe weet ek my kind het middeloorontsteking?

  • Die baba vryf en trek aan oortjies
  • Verlies aan eetlus, geïrriteerdheid en huilerigheid
  • Swak slaapgewoontes
  • Onverklaarbare koors
  • Reageer nie goed op klank nie; vra vir herhaling en voer opdragte verkeerd uit
  • Stel radio en TV harder as normaalweg en praat self hard
  • Balansprobleme.

Wat kan ek as ouer doen?

  • Gaan dokter toe en volg sy aanwysings.
  • Neem die kind vir ‘n gehoortoets en toetsing van druk in die middelore na ‘n oudioloog.
  • Voltooi altyd die hele reeks antibiotika wat die dokter voorskryf.
  • Moenie bors- of bottelvoed terwyl die kind platlê nie. Dit kan makliker oorinfeksie veroorsaak
  • Verwyder faktore soos sekere kossoorte, stof, katte, sigaretrook, ens wat allergieë kan veroorsaak.
  • Lig die bo-punt van sy bedjie met ongeveer 20 – 30 cm. Dit kan help om middelore te dreineer.
  • Leer jou kind hoe om sy neus dikwels en effektief te blaas.
  • Oorweeg kleiner dagsorggroepe of tuissorg.
  • Neem u kind na ‘n spraak- en taalterapeut vir ‘n evaluasie om te bepaal of spraak- en taalagterstande voorkom om sodoende latere probleme met leer op skool te voorkom.
  • Opvolgbesoeke aan jou dokter om allergieë te monitor en gereelde oorontsteking uit te skakel.
  • Opvolgbesoeke aan jou oudioloog om jou kind se gehoorvermoë te monitor.

Raadpleeg gerus die webtuiste van die Suid-Afrikaanse Assosiasie vir Oudioloë by www.audiologysa.co.za om ‘n geregistreerde oudioloog in jou omgewing te vind.

Aangepas uit ‘n artikel wat oorspronklik in Ek en my Kind, Herfs 2012 gepubliseer is.

Contact

SAVF FAMNET,
41 Hospital Street, Arcadia, 0083
PO BOX 40526, Arcadia, 0007
012 325 3920
erheeder@savf.co.za
084 383 9417

Join us here

Upcoming events

No upcoming events.

Stay up to date

Enter your email address to receive notification of news and relevant updates.