Bou jou kind se selfbeeld.

Ester Steyn

‘n Goeie selfbeeld help ‘n mens om:

Effektief te funksioneer,

Gelukkig te wees

Iets in die lewe te bereik.

Dit gee selfvertroue.

Kinders leer deur ouers se voorbeeld.

‘n Kind glo wat jy sê – of dit is dat hy oulik is en jy trots is op hom/haar, of dat hy stout en ongehoorsaam is. Hy tree later so op, want dit is hoe hy homself sien.

Gesels oor die “foute” wat hy maak. En help hom om dit volgende keer reg te doen.

Kommunikasie – sonder skreeu en liggaamstaal wat verwerp – speel ‘n groot rol in die bou van ‘n kind se selfbeeld. Leer jou kind dat daar twee maniere is om te kommunikeer: die mooi en ordentlike manier wat altyd werk en ‘n lelike manier wat nooit werk nie.

Hulle mag foute maak en kan daaruit leer.

Leer jou kind om te luister: Kyk in mekaar se oë. DIt help ‘n kind om te hoor wat jy sê.

Leer jou kind om regte keuses te maak. Vertrou hom om te kies.

Die onderwyser by wie ek algebra gekry het, het gereken sy hond weet meer van wiskunde as ek, al het ek volpunte vir meetkunde gekry! My selfbeeld was aan flarde. Ek onthou dit vandag nog en ek is al ‘n ouma!!   Ester

Wees geduldig.

Reëls is noodsaaklik. Hou dit min, maar hou daarby.

‘n Mens bereik baie meer met ‘n liefdevolle, sinvolle gesprek as met raas, verwyte en sinnelose straf.

Wanneer jy straf:

Maak seker jou kind weet waaroor dit gaan.

Verseker hom van jou liefde.

Verseker hom dat hy spesiaal is.

Gebasseer op ‘n artikel wat oorspronklik deur Ester Steyn geskryf is en in die Herfsuitgawe van Ek en my Kind 2012 verskyn het.

Contact

SAVF FAMNET,
41 Hospital Street, Arcadia, 0083
PO BOX 40526, Arcadia, 0007
012 325 3920
erheeder@savf.co.za
084 383 9417

Join us here

Upcoming events

No upcoming events.

Stay up to date

Enter your email address to receive notification of news and relevant updates.