Wenke vir ma’s tienerseuns grootmaak

Megan de Beyer

  1. Glo in jouself as ma. Jy is duidelik lief vir jou seun en gee vir hom om.
  1. Vind maniere om jou selfvertroue te herontdek. As jy glo dat jy met integriteit vanuit omgee opgetree het, is dit die beste wat jy kan doen. Hou op twyfel!
  2. Staan vas. ‘n Tienerseun het ‘n standvastige, selfversekerde figuur nodig om op te kan steun.
  3. Weet dat hy oor homself sal twyfel en steeds smag na jou liefde.
  4. Begin die proses deur te besluit dat jy hom gaan vertrou; gee vir hom sekere verantwoordelikhede in en om die huis; vra hom om dinge vir jou te doen wat binne sy vermoë is.
  5. Sê vir hom dat jy graag ‘n goeie verhouding met hom wil hê. Laat hom as jou seun belangrik voel.
  6. Besluit wat wel saakmaak, stel prioriteite op.
  7. Dwing redelike grense by die huis af.
  8. Moenie oor alles stry nie. Bewaar die verhouding.
  9. Wees bereid om kwessies te bespreek.
  10. Moenie teen jou sin in iets geboelie word nie.
  11. Kyk, luister (sonder om ‘n preek af te steek.)

Tienerseuns benodig:

  • Iemand op wie hulle kan vertrou om standvastig en bestendig, maar tog regverdig te wees.
  • Reëls en verantwoordelikhede.
  • Besprekings oor dit wat in sy lewe aangaan.
  • Intimiteit.
  • Redelike vryheid.

Die meeste Ma’s benodig:

  • Verbintenis, sy sal dus oorreageer, neul, oorbeskerm.
  • Om gehoor te word, sy sal dus neul en preek.
  • Om in beheer te wees, sy sal dus instruksies gee.
  • Gesinshegtheid, sy sal dus dinge saam wil doen.

Die meeste tienerseuns benodig:

  • Selfstandigheid, hy sê dus: “Ek is in beheer”, “Ek neem my eie besluite.”
  • Onafhanklikheid, hy sê dus: “Ek hou daaarvan om op my eie te wees”, “My vriende kom eerste.”
  • Identiteit, hy sê dus: “Ek is ek”, “Ek kies wie en waarvan ek hou.”
  • Intimiteit, hy sê dus: “Ek stel belang in meisies”, “Ek wil my privaatheid hê.”

Hierdie botsende belange het groot potensiaal vir voortdurende konflik en konfrontasie. Dit bevestig sy behoefte om ‘n individu te wees en jou behoefte om naby te wees. Vervang die die gebiedende manier met ‘n gesaghebbende benadering wat ferm, maar regverdig is.

‘n Paar belangrike gedagtes:

  • Adolessensie is ‘n proses; die lewe is ‘n reis.
  • Adolessensie is daar om te leer hoe om ‘n volwassene te word, nie hoe om ‘n supertiener te word nie.
  • ‘n Adolessent benodig goeie, sterk, volwasse rolmodelle wat omgee en wat met verantwoordelikheid, dissipline en ‘n positiewe, gesonde uitkyk die lewe benader.
  • Die heel belangrikste aspek van ouerskap is om ‘n goeie verhouding met jou tiener te handhaaf.
  • Tieners het ouers nodig wat weet hoe om hulle lief te hê, wat positief is, wat onderrig gee en neem, wat sosiale bydrae bevorder en weet hoe om die grense in die huis en hul eie lewens te stel.

Gebasseer op ‘n artikel wat oorspronklik in die Lente-uitgawe van Ek en my Kind 2014 verskyn het.

Contact

SAVF FAMNET,
41 Hospital Street, Arcadia, 0083
PO BOX 40526, Arcadia, 0007
012 325 3920
erheeder@savf.co.za
084 383 9417

Join us here

Upcoming events

No upcoming events.

Stay up to date

Enter your email address to receive notification of news and relevant updates.