Bou die basis vir jou kind se toekoms

Ruan Pieterse

Balans tussen prestasie en genot is die belangrikste faktor wanneer dit kom by motivering en ondersteuning van ‘n kind.

Elke kind is uniek en sy eie potensiaal as individu moet bevorder word. Ons vergelyk nooit een kind met ‘n ander kind nie.

Laat ‘n kind baie kreatief en natuurlik ontwikkel, want dit is hoe hy sy volle potensiaal gaan bereik.

Kinders moet hulle eie besluite kan neem en nie bang is om te probeer nie. Om ander te probeer beïndruk en nie teleur te stel nie, maak hulle bang om te probeer.

Om die vryheid te hê om deur ondervinding te leer, raak dit vir ‘n kind makliker word om ‘n goeie gesindheid te ontwikkel.

‘n Goeie gesindheid kan slegs ontwikkel met die regte motivering. Motivering deur maats, ouers en familie het 20% waarde. Hoe ‘n kind homself motiveer het 80% waarde. ‘n Kind kan homself motiveer deur vir homself klein doelwitte te stel en daarheen te werk.

Ons berei ‘n kind voor vir die toekoms en nie net vir nou nie. Die regte benadering tot die lesse wat hy nou leer, laat hom beter presteer.

Gebasseer op ‘n artikel wat oorspronklik in die Lente-uitgawe van Ek en my Kind 2014 verskyn het.

Contact

SAVF FAMNET,
41 Hospital Street, Arcadia, 0083
PO BOX 40526, Arcadia, 0007
012 325 3920
erheeder@savf.co.za
084 383 9417

Join us here

Upcoming events

No upcoming events.

Stay up to date

Enter your email address to receive notification of news and relevant updates.