Dapper ouers het moedige kinders

15 wenke om moedige kinders op te voed

Adele Grosse

Dissiplinering van kinders beteken balans tussen die aanmoediging van goeie gedrag en die straf van swak gedrag.  Die sleutel is om te weet watter optrede wanneer toepaslik is.

  1. Kinders doen wat jy doen.  Stel ‘n goeie voorbeeld.
  2. Wys jou kind hoe jy voel.  Vertel hom eerlik hoe sy optrede jou beïnvloed. 
  3. “Betrap” jou kind as hy reg optree.  Gee positiewe terugvoer vir optrede waarvan jy hou.  Probeer om ses positiewe opmerkings (lof en aanmoediging) te maak vir elke negatiewe opmerking (kritiek en vermaning). 
  4. Buk af tot op jou kind se vlak. Dit bevorder goeie kommunikasie.
  5. ‘Ek hoor jou.’ Aktiewe luister help kinders om hul emosies te kan hanteer.
  6. Hou beloftes. So leer die kind om jou te vertrou en te respekteer.
  7. Verminder versoekings. Hou waardevolle items buite sig.
  8. Kies jou gevegte. Reëls is belangrik, maar pas dit net toe wanneer dit regtig belangrik is.
  9. Neul: staan sterk. Wanneer jy “nee” sê en dan ingee, sal die kinders volgende keer selfs meer neul, omdat hulle hoop dat hulle weer gelukkig sal wees.
  10. Hou dit eenvoudig en positief. Duidelike instruksies en eenvoudige woorde op ‘n positiewe manier, laat die kinders in die regte rigting dink. Byvoorbeeld: “Maak asseblief die hek toe” is beter as “Moenie die hek ooplaat nie”.
  11. Verantwoordelikheid en gevolge. Jy kan jou kinders die geleentheid bied om die natuurlike gevolge van gedrag te laat ervaar. Byvoorbeeld, indien jou kind vergeet om haar kosblik in haar sak te pak, sal sy etenstyd honger ly. Dit is haar honger en haar gevolg. Dit sal nie skade doen om een keer honger te ly nie.
  12. Sê dit een keer en beweeg aan. Indien jy hom nog ‘n laaste kans wil gun om saam te werk, moet jy hom herinner aan wat die gevolge daarvan sou wees as hy nie sy samewerking sou gee nie. Begin dan tot drie tel.
  13. Laat jou kind belangrik voel. Laat hulle deur eenvoudige, veilige take ‘n bydrae tot die gesin lewer. Dit bou trots en selfvertroue, terwyl dit jou ook help.
  14. Wees voorbereid vir uitdagende situasies. Dit help jou om rondom jou kind se behoeftes te beplan. Gee hom ‘n vyf-minute waarskuwing voordat jy wil hê dat hy van aktiwiteit moet verander. Verduidelik aan hom waarom jy sy samewerking benodig. Dan sal hy voorbereid wees vir wat jy van hom verwag.
  15. Behou jou sin vir humor. Humor waarvoor jul albei kan lag, is wonderlik.

Gebasseer op ‘n reeks artikels wat oorspronklik in die Somer-tot-Lente-uitgawes van Ek en my Kind 2013 – 2014 verskyn het.

Contact

SAVF FAMNET,
41 Hospital Street, Arcadia, 0083
PO BOX 40526, Arcadia, 0007
012 325 3920
erheeder@savf.co.za
084 383 9417

Join us here

Upcoming events

No upcoming events.

Stay up to date

Enter your email address to receive notification of news and relevant updates.